Nathaniel Branden het gesê: The first step toward change is awareness. The second step is acceptance. Alhoewel dit mooi klink, is dié twee stappe is nie genoeg nie. Om die rede voeg ek ‘n 3e stap by en dit is – do something about it. En – if the problem or circumstance is something you can’t change on your own, get professional help.
Volgens positivepsychology.com, is daar drie konstruktiewe maniere om probleme en omstandighede te hanteer – Do something to change them, Walk away from them, Accept them. Ek het die drie opsies omskep in ‘n werkbare metode wat mense kan gebruik om probleme en omstandighede wat hulle daagliks teëkom, te hanteer. Hier is dit:
- Doen iets om dit te verander As jy jou probleme kan oplos of jou omstandighede kan verbeter, doen dit. Moenie uitstel nie. Dit is gewoonlik die beste opsie om te neem. Kry hulp indien nodig.
- Loop weg van dit af: As jy nie jou probleme kan oplos of jou omstandighede kan verander nie en die koste om daarvan weg te stap is nie te hoog nie, stap weg. Moenie uitstel nie. In hierdie geval is dit ‘n goeie alternatief. Kry hulp indien nodig.
- Aanvaar dit: As jy nie jou probleme kan oplos of jou omstandighede kan verander nie en die koste om daarvan weg te stap is te hoog en dus nie ‘n opsie nie, is die enigste ander rasionele keuse om dit te aanvaar en daarmee saam te leef, maak nie saak hoe erg dit mag wees nie. As dit jou enigste opsie is, doen dit. Moenie uitstel nie. Leer om daarmee saam te leef. Kry hulp indien nodig.
As jy nie een van hierdie opsies kies nie of aanhou uitstel (procrastinate), sal jy vasgevang raak in negatiewe emosies, gedagtes en optrede.
Jy behoort dus die probleme of omstandighede waarvan jy nie hou nie (i) te identifiseer, (ii) te oordink en (iii) ‘n plan van aksie te beraam. Party goed kan jy voor die tyd identifiseer, oordink en besluit. Ander goed duik soms ongevraagd op. As jy hierdie metode inoefen sal dit moontlik wees om in die toekoms, enige iets wat op jou pad kom, daar en dan, kalm, rustig en met wysheid op een van die 3 maniere te hanteer. (Sien onder hoe wyse besluite geneem word)
Hierdie manier van doen sluit aan by die sogenaamde serenity prayer van Reinhold Niebuhr. In die gebed vra hy onder andere, God, grant me the serenity to accept the things I cannot change, the courage to change the things I can, and the wisdom to know the difference.
Oefening: Oorweeg asseblief ‘n paar scenario’s. Oorweeg byvoorbeeld probleme of omstandighede waarmee jy gekonfronteer word in jou huwelik, sosiale lewe, gesondheid (fisies- en geestes-) en werk. Besluit eerstens onder watter opsie jy die probleem of omstandighede kan plaas. As jy dit onder opsie een plaas, besluit kalm, rustig en met wysheid hoe om die probleem te hanteer of jou omstandighede ten goede te verander. As jy dit nie onder opsie een kan plaas nie, kies onder watter ander opsie om dit te plaas en besluit op ‘n plan van aksie.
Dink dan aan ‘n paar scenario’s wat moontlik in die toekoms kan gebeur. Ontleed dit kalm, rustig en met wysheid en stel ‘n aksieplan op. Moet dit asseblief nie druk tot by die punt van overthinking nie. Hierdie is net ‘n oefening om jou te help om probleme of omstandighede te identifiseer en te besluit of dit (i) oplosbaar is, (ii) of jy moet wegstap en (iii) of jy dit moet aanvaar.
As daar ander mense betrokke is soos byvoorbeeld jou man/vrou/partner, kan dit ‘n goeie idee wees as hy/sy dieselfde oefening doen. Nadat elkeen van julle dit gedoen het, kan julle praat oor die opsies waaronder julle julle probleme of omstandighede geplaas het en wat die oplossings (aksieplanne) is waarmee julle vorendag gekom het.
Ter inligting – wysheid of wyse besluite is besluite wat jy neem wanneer jou emosionele en rasionele brein saam oor ‘n saak besluit. Dink byvoorbeeld aan hierdie twee sirkels as jou emosionele en rasionele brein. Die gekleurde gedeelte in die middel is waar goeie, wyse besluite geneem word.